SAL leen R1,5-miljard


SAL het besluit om nie op hierdie stadium voort te gaan met hulle beplande effekte uitgifte nie, maar eerder geld te leen by twee banke, as bespiegelinge korrek is, waarskynlik by Rand Merchant Bank en Investec op ‘n gelyke basis.

Die R1,5-miljard wat geleen word sal aangewend word om die sukkelende lugredery van bedryfskapitaal te voorsien om in die lug te kan bly.

SAL het gebruik gemaak van ‘n staatswaarborg van R5-miljard as sekuriteit om die lening van R1,5-miljard te bekom. Daar word beplan om die lening te delg sodra daar uitvoering gegee is met die effekte uitgifte wat steeds beplan word.