SA Lugdiens huur nuwe vliegtuie


Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gaan in die volgende vier maande die eerste van 20 nuwe Airbus A320-vliegtuie in ontvangs neem.

Die Minister Openbare Ondernemings, Malusi Gigaba, sê glo die bestelling verteenwoordig n transaksie wat op die lang termyn nagenoeg R10 miljard sal beloop en is deel van die lugdiens se langtermyn-plan om al sy vliegtuie te vervang.

Die vliegtuie is meer brandstof doeltreffend en sal blykbaar hoofsaaklik gebruik word vir binnelandse vlugte.

Die vliegtuie sou aanvanklik aangekoop word, maar die geld tekort het die regering genoodsaak om op n bruikhuur stelsel terug te val.