Suid-Afrikaanse boere wat elders in Afrika gaan boer, help die vasteland om homself te voed. Doen hulle dit nie, bestaan die moontlikheid dat baie honger mense uit Afrika na Suid-Afrika sal stroom om kos te kry, is die boodskap van Johannes Möller, president van Agri SA.
Möller het tydens ’n ete wat Agri SA by die Nampo-oesdag gehou het, gesê dat hul organisasie baie kritiek moet verduur omdat hy dit help bevorder om Suid-Afrikaanse boere na Afrika “uit te voer”.
Hy sê 1 miljard mense regoor die wêreld het nie voedselsekerheid nie, waarvan 750 miljoen in Afrika bly.
“Boonop is 46% van die beskikbare landbougrond in Afrika,” het Möller gesê.
Nuutste kommentaar