Ruwe Nuwe Suid-Afrika


Munisipale kantore in Amsterdam in Oos-Transvaal staan in ligte laaie nadat sogenaamde dienslewerings betogers dit aan die brand gesteek het.

Die dorp beskik nie oor ’n brandweer nie en boere is gevra om te help deur hul brandbestrydings tenks te bring om die brand te blus. Dit was egter te laat en die gebou het tot op die grond afgebrand.

Verskeie raadslede van die munisipaliteit, wat Piet Retief insluit, se huise, asook ’n munisipale gebou, munisipale vragmotors en ander voertuie is yudens die betogings wat reeds etlike dae duur, afgebrand.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, het die oproermakers ook twee winkels geplunder.

In Piet Retief is sowat 40 betogers en oproermakers die afgelope drie dae voor die hof gesleep en aangekla vir brandstigting en saakbeskadiging.
In Amsterdam is sowat 14 mense gearresteer.