Ruimtereis suksesvol voltooi


‘n Soyuz-ruimtetuig met die drie bemanningslede van die Internasionale Ruimtestasie het veilig in Kazakstan geland.

Die ruimtevaarders Chris Hadfield van kanada, die Amerikaner Thomas Marshburn en Roman Romanenko van Rusland was vyf maande op die Soyuz en het naby Dzhezkazgan in die sentrale deel van Kazakstan geland.

Die span is vinnig uit die tuig gehelp maar hulle moes daarna eers weer geoefen word om aan te pas by die aarde se swaartekrag.

Die drie het 146 dae in die ruimte deurgebring.