Rowers vinnig vasgetrek


David van der Berg, ’n werktuigkundige van Bloemfontein staan bekend as die “mechanic met ’n gun”.
Hy het nou weer, vir die hoeveelste keer, ’n misdadiger vasgevat. Hierdie keer het die rower les opgesê toe hy en sy makkers met gesteelde goedere, insluitende ’n Isuzu-bakkie, weggevlug het van die sakeonderneming waar die roof plaasgevind het in Millstraat.

David van der Berg (30), wat altyd sy handwapen dra, het dadelik besef hier is weer ’n stelery aan die gang, en hy en sy neef het in ’n voertuig gespring en die klomp gedwing om stil te hou, waar almal uit die bakkie gespring en in verskillende rigtings weggehardloop het.

Hy het twee waarskuwingskote geskiet en toe een platval, op hom afgestorm en in hegtenis geneem. Die skurk het heel gou verklap wie die makkers is wat weggekom het.

Al die gesteelde goedere en die bakkie is veilig terug besorg aan die winkel eienaar.

Ons doen nie die polisie se werk nie, ons sorg net dat boewe nie maak wat hulle wil nie, het hy gesê.