Renoster veiling behaal rekord pryse


Nie minder as 40 witrenosters is vir R10 miljoen verkoop op die jaarlikse veiling van die Natalse Natuurbewaring, het ‘n woordvoerder gesê.

Die gemiddelde prys van die renosters het tot R247,000 gestyg. Die vorige jaar was die gemiddelde prys R243,000.

Die veiling van renoster tel onder die 1,563 diere wat vir byna R14 miljoen verkoop is.
Die diere sluit in swart- en blouwildebeeste, kameelperde, rooi hartbeeste, impalas, koedoes, vlakvarke, sebras, blesbokke en springbokke in.

Vier seekoeie is vir R35, 000 elk verkoop.

Die kopers was eienaars van wildreservate.