Nadat die Suid-Afrikaanse regering al verskeie skrywes van die Boere-Afrikanervolksraad geïgnoreer het, het hulle nou ‘n skrywe van die Volksraad se prokureurs gekry waarin hulle aangesê word om nie later nie as 31 Mei 2013 met die Volksraad in gesprek te tree oor die eis vir vryheid vir die Boere-Afrikanervolk.
Mnr. PJ Kruger, regsverteenwoordiger van die Volksraad, sê dat die SA regering in bilaterale gesprek met die Volksraad moet tree, maar dat dit verkieslik gebruik moet maak van mediasie wat voldoen aan internasionale norme en standaarde.
“Hierdie vereiste is gebaseer op (onder andere) die Verenigde Nasies se Handves; die VN se Internasionale Verdrag oor Siviele en Politieke Regte; verskeie Deklarasies van die VN; sekere internasionale regspraak; internasionale regsleer in die algemeen; en in terme van Artikel 235 van die Suid-Afrikaanse Grondwet”.
Die Regering is in kennis gestel dat as hulle nie teen die vereiste datum met die Volksraad kontak maak nie, die Volksraad verdere optredes in terme van nasionale en/of internasionale reg sal neem.
Die skrywe is per hand afgelewer by die President se kantoor by die Uniegebou, met afskrifte aan die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, en aan die Hoof van die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling.
Navrae: Mnr. Andries Breytenbach
Tel. 082 322 6590
8 Mei 2013
Volksraad en Volksgenote, die kennisgewing is die begin van die bevrydingsproses wat sal kulmineer in Volksoutonomie. Wel gedaan !
Nou begin dit warm word. Ons is al die pad agter julle om te lewe of te sterwe.
Die papierspoor is onuitwisbaar.
Ek glo nie hulle sal weet wie moet wat doen nie.
En hulle gaan daardie brief, net soos die voriges ignorer.
Intussen word die selfbeskikkings idee al hoe meer aanvaarbaar.
Dit is die laaste alternatief om eenstemmigheid te bereik op ‘n beskaafde manier. Sover is dit nog net die blanke van hierdhe land, wat beskaafdheid openbaar en oplossings op ‘n vreedsame manier tebekom.