Realcor: beleggers kry nie ’n sent nie


Die nou reeds omstrede Realcor Hotel se beleggers sal nie ’n sent uit die Rand ontvang as die likwidateurs die bedrag aanvaar waarvoor die hotel verkoop is op ’n openbare veiling nie.

Die gebou wat minstens R180 tot R200 miljoen gekos het om op te rig tot die stadium waar dit is, sal waarskynlik nog R140 miljoen kos om finaal af te rond.

Die hotel is ’n winskoop vir sy nuwe baas wat dit gekoop het vir R44 miljoen. Dit is sowat R8 miljoen minder as wat die likwidateur se uitstaande skuld is.

Omdat die beleggers nie direk betrokke is as deel van die likwidateurs nie, sal hulle nie deel in die opbrengs wat uit die veiling opgelewer is nie.

Kampvegters vir beleggers voel beleggers is gekul en dit laat duisende pensioenarisse met leë hande.