Prysstygings en dalings


Verlede week is daar bekend gemaak dat die prys van brandstof gaan verlaag met ’n aansienlike bedrag. Al die verbruikers was in hul noppies met die nuus. Uiteindelik ’n bietjie verligting!

Wat egter kommerwekkend is, is die feit dat ander verbruikersgoedere wat se pryse gestyg het met die brandstof prysstyging, nie verlaag word nie. Nie een van die afdelingswinkels en hardewarewinkels, om ’n paar te noem, het hulle pryse aangepas nie en die winste word net al groter en groter en die arme verbruiker moet net aanhou betaal. Wanneer die brandstof pryse styg, styg die verbruikersgoedere se prys sonder enige verlaging. Dit is seker so dat elke besigheid geregtig is op ’n wins maar is hierdie winste nie buitensporig nie?

Bostaande is ’n bose kringloop en word geregverdig deur die sogenaamde vryemark- stelsel van die land. Het dit nie tyd geword dat die winkeleienaars iets terugploeg na hulle kliënte toe nie?

Wat egter verblydend is, is dat daar enkele slaghuise is wat hulle vleisprodukte se pryse verlaag het toe die beesvleispryse onlangs gedaal het.

Gert Pretorius