Prof. Oberholzer oorlede


Prof. Bart Oberholzer, een van die Bybelvertalers en bekende teoloog van die Nederduitsch Hervormde Kerk is in die rype ouderdom van 85 jaar oorlede.

Prof. Oberholzer was ’n groot voorstander vir veranderinge in die NH Kerk en het tot onlangs nog aktief deelgeneem aan prosesse in die verband.

Hy het tuis stil heengegaan weens hart- en nierversaking. Sy gesondheid het baie skielik verswak. Lede van die familie was by hom in sy laaste dae.