Pretoria teken sy regte weg


Die stadsbestuurder, Jason Ngobeni, van Pretoria het waarskynlik die stad se inkomste uit elektrisiteit vir minstens agt jaar weg geteken aan ’n Swartbemagtigingsmaatskappy.

Dié ooreenkoms, wat blykbaar deur Sake24 onder oë geneem is, het van krag geword gedurende 2012 en is onderteken sonder dat dit voor die metroraad gedien het. Sake24 beweer glo dat die daad die seën van die burgemeesterskomitee geniet.

Die kontrak is blykbaar nie maklik gekanselleer word nie. As die Stadsraad kontrakbreuk pleeg, kan die Bemagtingsmaatskappy glo volgens die ooreenkoms wat in Oktober aangegaan is, al die koste wat aangegaan is, terugeis, asook vergoeding vir inkomste wat ingevolge die jongste konsepooreenkoms verdien kon word. Dit beteken dus dat ’n volle R27 miljard op een slag ge-eis sal kan word vir betaling.

Die stadsraad het blykbaar nie op navrae gereageer nie.

Foto van Jason Ngobeni