Presidentsvrou nommer 4 se eis weggewys


Thobeka Madiba-Zuma, die vierde presidentsvrou van pres. Jacob Zuma, het ’n eis van R500,000 ingestel teen die lugdiens SA Airlink omdat haar onversekerde juwele na bewering tydens ’n vlug vanaf Nelspruit na Johannesburg uit haar tas gesteel is.

SA Airlink het egter die eis van die hand gewys nadat hulle ’n uitgebreide ondersoek gedoen het.
Die lugdiens kon ook geen bewyse vind dat daar met haar bagasie gepeuter is terwyl dit onder hul beheer was nie.

’n Lang lys van juwele, en die bedrae daarvan, is ingehandig met die instel van die eis.

Madiba-Zuma het haar regsverteenwoordigers opdrag gegee om haar te adviseer oor moontlike verdere optrede.