Pres. Zuma se eise teen die media


Pres. Jacob Zuma het sowat 14 groot eise teen die media ingestel sedert 2006.
Dit blyk nou dat die President dalk n yslike rekening vir regskoste gaan kry en nie veel geldjies gaan ontvang vir die eise wat ingestel is nie.

Daar is twee groot eise van R5 miljoen elk, en die totale waarde van al die eise raak aan die R60 miljoen.

Al dié eise is in verband met beweerde laster en die aantasting van sy waardigheid.

D-dag is verby vir Zuma wat ses eise se dokumente ingevolge die regsproses moes bloot le.

Regspersone meen dat indien die dokumentasie nie behoorlik deur Zuma hanteer word en betyds bloot gelê is nie, kan dit groot geldelike verliese vir hom beteken. Sy eise gaan nie uitbetaal word nie en die regskoste gaan vir sy rekening wees.

“As die spertyd verstryk, sal ons ’n aansoek indien om pres. Zuma te beveel om die dokumente bloot te lê. As hy die spertyd weer mis, sal ons ’n aansoek indien dat die eise laat vaar word.”

Media24 het dieselfde proses vroeër vanjaar suksesvol afgesluit toe twee eise teen Rapport en een teen Sunday Sun laat vaar is.

Zuma is toe beveel om die regskoste te dra. Die gesamentlike koste kan sowat R300,000 beloop.

Uit die 14 sake is net een in die guns van Zuma geskik.