Posbode gaar posstukke op


’n Bode wat posaflewering doen op die Italiaanse eiland Sardinië is aangekla van diefstal van meer as 400 kg posstukke wat by sy huis gevind is wat hy moes aflewer by geadresseerdes.

Die polisie het die posstukke wat briewe, tydskrifte en pakkies behels, in die posbode se woonstel en motorhuis gekry.
Inwoners van die dorp Mores het begin kla dat hulle vir etlike weke geen pos ontvang het nie en ook nie die posbode gewaar nie.

Die voorval herinner aan die voorvalle in Suid-Afrika toe poskantoor werkers etlike tonne posstukke in die Vaalrivier gestort het omdat hulle nie lus was om dit te sorteer nie.