Polisie inkopies

Geagte Radakteur
Die Vryburger
Ek het Dinsdag 29 Mei 2013 om 11;30 hierdie ervaring beleef. Ek het gesien hoe die agbare dame, n senior Polisie offisier die Pick en Pay verlaat met haar inkopies in die hand en ek het geweet wat gaan volg. Ek was reg. Sy stap reguit Polisiemotor toe en laai haar inkopies in die voertuig. Terwyl ek die fotos neem vra sy wat ek doen en ek beantwood geen van haar vrae nie en en sy pluk n brood uit die sak en se Kan jy sien dit is brood, wil jy ook he. Ongelukkig kon ek nie haar naam afneem nie en sy wou my ook nie sê van watter stasie sy is nie. Ek het daarna probeer om die berig in die Beeld te laat plaas met die foto’s maar hulle het nie belang gestel nie.

Getroue leser