Die Suid-Afrikaanse weergawe van Playboy sal nie meer te koop wees nie.
Die redakteur, Charl du Plessis, het glo verduidelik dat die “struikelblok van konserwatiewe lesers” een te veel was vir die publikasie.
Mense wil nie gesien word as hulle Playboy koop nie, het hy gesê
Playboy SA se totale sirkulasie het verlede jaar tot ’n skrale 3,839 gedaal. Du Plessis het nie bekend gemaak tot watter vlak die verkope gedaal het voordat hulle besluit het om die tydskrif te staak in Suid-Afrika nie.
Die vermoede bestaan dat die oplaag aansielik laer as 3,000 was toe besluit is om verspreiding te staak.
Kenners meen dat die tydskrif nooit ’n bekostigbare oplaag in Suid-Afrika kon, of vorentoe sal bereik, nie aangesien die soort tydskrifte geen opvoedkundige waarde het nie.
Bwahahahaha ….. “geen opvoedkundige waarde”, ja nee, dis mos hoekom ‘n mens ‘n Playboy of soortgelyke tydskrif koop…..
Nou toe nou! Dit gee mens moed. Ons is dan ook nie moreel so verweerd nie. Pragtig!
Hoera!!!!
Die “struikelblok van konserwatiewe lesers” is die rede, so dit is nie by die aard en kwaliteit van sy produk waar die fout lê nie?
Aggenee!
Waarin gaan ek nou ‘Die Son’ wegsteek as die dominee huisbesoek doen?
Mag konserwatiewes ‘n struikelblok wees vir vele meer soortgelyke booshede!
Goeiedag Boere,
Nou ja, dit is nie die eerste Du Plessis van wie ek bly is dat ek nie al my moontlike familie ken nie.
Boeregroete,
DuP