Plaasaanval: Vrees vir sy lewe


Mnr. Martin Coetsee (66) is ’n sieklike man wat Maandag in ‘n plaasaanval by Makwassie in Wes-Transvaal aangerand is en selfs aan sy ore rondgesleep was om uiteindelik aan ’n bed vasgemaak te word nadat hy baie ernstige wonde opgedoen het.

Die drie swart terroriste wat hiervoor verantwoordelik is, word gesoek.

Sy dogter, Mariska, sê haar pa het intussen vermoedelik ook ‘n beroerte aanval gehad as gevolg van die aanval en daar word nou vir sy lewe gevrees.

Sy sê die boewe het opgedaag net nadat sy die plaas verlaat het, met die doel om haar pa te vermoor.

Mnr. Coetsee word tans in ’n hospitaal in Klerksdorp behandel.

Mevrou Connie Coetsee sê haar man het bloeding op sy brein en ‘n gat in sy een long, en beserings oor sy hele liggaam.

“Daar was baie bloed, maar ons weet nie waarmee my man aangerand is nie omdat hy baie deurmekaar en geskok is,” het Connie Coetsee gesê.