Pionierboer verbou haselneute


Mnr. Danie Slabbert is ’n pionierboer wat nou haselneute gaan verbou. Hy is onlangs aangewys as jongboer van die jaar.

Die Oos-Vrystaatse boer in Reitz het sowat 10,000 haselneut bome aangeplant in samewerking met Ferrero Rocher van Italië.

Die maatskappy het vars neute regdeur die jaar nodig. Nou gaan gepoog word om die neute te verbou in die Vrystaat om aan die behoeftes te voorsien.

Ferrero Rocher is ’n sjokolade-reus wat die besproeiingstelsels en die bome vir die toetsprojek verskaf het en Danie Slabbert is verantwoordelik is vir enige ander produksie koste.
Die projek kan uitbrei na sowat 50 hektaar, maar daar moet eers sekerheid wees dat dit in Suid-Afrika sal werk. Tans is tien hektaar geplant en dit maak net minder as 1% van sy boerdery uit.

Haselneute se markprys beloop tot soveel as R45,000-00 per ton.
(Foto- volgroeide bome)