Persvryheid al strammer in SA


Suid-Afrika het nog verder terug geval op die globale indeks van persvryheid.

Volgens die jaarlikse verslag van “Reporters Without Borders” was die RSA 42 ste op die lys van 179 lande wat gemeet is.

Vanjaar se meting is Suid-Afrika tien plekke terug op die lys en staan nou 52 ste.

In 2009 was die land 33 ste op die lys.

Die boonste drie op die lys is Finland, Nederland en Noorweë.

Iran, China en Kuba is van die laagstes op die lys.

Die Afrikaland wat die beste vertoon is soos in die verlede Botswana.

Kenners meen dit sal nie meer lank duur voordat Suid-Afrika ook onder die laagste lande tel nie, veral met die Muilbandwet wat eersdaags persvryheid ernstig gaan kniehalter.