Parlement spandeer miljoene op kos en drank


Die Suid-Afrikaanse Parlement het in die vorige jaar sowat R16 miljoen aan kos en drank bestee vir parlementslede.

Die parlement het glo ’n begroting gehad van R18 miljoen vir dieselfde tydperk.

Kos en drank word voorsien vir verskeie komiteevergaderings en ander groot eksterne geleenthede.

In die vorige bedeling moes parlementslede betaal vir verversings en drank wat gebruik word in die eetsalon.