Padongelukfonds moet miljoene opdok


’n Hooggeregshof bevel bepaal dat die Padongelukkefonds (POF) ’n bedrag van R7,6 miljoen aan ’n voormalige student van die Universiteit Vrystaat (UV) moet betaal.

Dit volg nadat Donald Swanepoel (28) in ’n ernstige motorbotsing in Kimberleyweg, Bloemfontein sodanig beseer is dat hy nie met sy studies kon voortgaan nie.

Donald Swanepoel (28) van die plaas Goedehoop, Steynsrus, het bewyse aan die hof voorgehou en beweer dat die bestuurder van die vragmotor die ongeluk veroorsaak het.

Hy het die eis in 2009 ingestel en toe was sy mediese koste reeds meer as R400,000-00, wat deur sy pa, Chris Swanepoel, betaal is.

Donald se aanvanklike eis was vir R11 miljoen. Die hof het R7,6 miljoen toegestaan en beveel dat enige verdere mediese uitgawes in verband met die beserings, deur die POF betaal moet word.