Oral korrupsie?


Is daar dan oral in die land, net waar jy gaan, korrupsie?
Dit is die vraag wat nou op almal se lippe is.
’n Reuse-bedrogspul met padwaardigheidstoetse in Suid-Afrika is in die parlement bekend gemaak.
Derduisende vervalste padwaardigheidsertifikate word jaarliks uitgereik wat teen R1,500 per sertifikaat aan die voertuie se eienaars verkoop word.
Blykbaar is dit ’n landswye probleem, en word dit feitlik oral ondervind dat voertuig eienaars waarvan die voertuie dikwels in ’n haglike toestand is, op hierdie wyse “padvaardig” gehou.
Uit die verslae blyk dit dat die skelmstreek die ergste in Sentraal-Transvaal is.
Kenners meen dat die toedrag van sake ook ’n beduidende invloed uitoefen op padongelukke.