Oos-Transvaal word ondraaglik


Die nie-regeringsorganisasie, Green Revolutionary Council (GRC) se woordvoerder het gesê dat Omgewingswetgewing in Suid-Afrika is minder werd as die papier waarop dit geskryf is.

Die uitlating is gemaak op ’n internasionale beraad van Omgewings organisasies in Afrika. Hy het ook gesê die situasie in Suid-Afrika is ondraaglik.

Die bewering is gemaak dat steenkoolmyne in Oos-Transvaal nou die water besoedel en vernietigend is virlandbougrond.

Hy reken omgewingsake kan reggestel word as daar gemobiliseer word en verset gepleeg word teen die ondraaglikheid van besoedeling.

Die verrigtinge is deur sowat 200 afgevaardigdes in Midrand bygewoon.

Hy het gesê die riviere wat in Oos-Transvaal begin, gaan binnekort almal so suur word dat die water onbruikbaar sal wees.

(Foto – besoedeling in Oos-Tvl)