Oorlog sonder manskappe?


Die VSA het ‘n onbemande vegvliegtuig vanaf ‘n Amerikaanse vliegdekskip gelanseer vir ‘n toetsvlug. Die toets word beskou dat dit die weg kan baan vir die VSA om eindelik onbemande vegvliegtuie van enige plek ter wêreld die lug in te stuur.

Die X-47B is die VSA se eerste onbemande vliegtuig wat ontwerp is om van ‘n vliegdekskip af op te styg. Die vliegtuig is geprogrammeer om uiteindelik weer op die skip te land.

Die grootste voordeel van die vliegtuig is die feit dat die VSA nie meer landingsregte in ander lande sal benodig nie.

Kritici in die VSA en ook in die buiteland voer aan dat onbemande vliegtuig aanvalle talle burgerlike ongevalle veroorsaak en dat toesig daaroor onvoldoende is. Verskeie lande het in die afgelope jare swaar burgerlike verliese gely asgevolg van onbemande vliegtuig aanvalle.

Militêre ontleders sê onbemande tuie is die toekoms van oorlogvoering.