Onbetroubare SAPD lede gevang


Nege polisiebeamptes van die metroraad is in hegtenis geneem ná hulle blykbaar deel was van ‘n klomp wat die Gupta-familie begelei het vanaf die Waterkloof-lugmagbasis na Sun City.

Dit blyk uit voorlopige ondersoeke dat baie senior amptenare in verskillende departemente betrokke was met die reëlings rondom die Gupta-intog.

Die ondersoek na medepligtiges duur steeds voort en sal na verwagting nog ’n geruime tyd duur.
Kenners meen dat die omvang van die bedrogspul veel groter is as wat tot hede vermoed is. Die volle waarheid oor wie agter die hele fiasko sit, sal waarskynlik nie bekend word nie, is gesê.