Nuusflitse


• Die Lugmag bevelspos wat alle militêre vlugte behartig, het op 9 April reeds skriftelike toestemming gegee vir die landing van die Gupta-passasiersvliegtuig. Lt.kol. Christine Anderson, een van die twee mense wat beskuldig word van die onregmatige gebruik deur die Gupta-familie, het daarom inderdaad geskrewe bevele gehoorsaam, wys dokumente wat die dagblad Volksblad onder oë het.
• Nooddienspersoneel moes skarrel om mense uit ‘n rivier te red toe ‘n groot snelweg-brug wat Seattle met Kanada verbind, inmekaar gestort het.
• Cosatu oorweeg dit om die hooggeregshof te nader om toestemming te kry om met ‘n protesaksie oor die e-tolstelsel voort te gaan.
• Wit en bruin mense wat vir die ANC stem, is soos vroue wat met mans trou wat hulle mishandel, het Peter Marais, voormalige premier van die Wes-Kaap glo gesê.
• ‘n Polisieman wat deel van ‘n groep vermeende renosterstropers was, is in die Krugerwildtuin gewond en in hegtenis geneem tydens ‘n skietery tussen veldwagters en stropers.
• ’n Voormalige uitvoerende hoof van Krygkor, Tielman de Waal (70) is verlede Woensdagaand in sy slaap oorlede in die Vergelegen Mediclinic in Somerset-Wes.
• Sowat 42,000 administratiewe personeel van die polisie gaan vandeesweek betoog omdat hul salarisskaal nog nie aangepas is nie.
• Die landbou Minister het gesê minstens 283 ton perlemoen is die afgelope paar jaar in Suid-Afrika gestroop.
• Altesame nege mense is Maandag in Noord-Transvaal in twee gru-motorongelukke dood.
• “Dankie vir almal wat in my geglo het.” So het adv. Glynnis Breytenbach, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid in Sentraal Transvaal gesê nadat sy vrygespreek is op al 15 klagte van wangedrag teen haar.
• Die jong hartlyer Juanita Cloete (16) van Pietersburg is in ’n winkelsentrum dood aan vermoedelik ’n hartaanval. Sy was nog in haar skoolklere en was ’n gr. 9-leerling aan die Genl. Piet Joubert-skool.
• Beverley van Heerden, die vrou wat in Nelspruit derduisende Rand vir welsyn ingesamel het, maar dit nooit oorhandig het nie, het later die geld aan die oorspronklike skenkers teruggegee. Dit was bykans R23,000-00.
• Die 17 jarige Marcello van Trompsburg moes sy jonger sussie van 2 jaar kalm hou toe sy ten tye van ’n gewapende rooftog by hul huis begin huil het. Twee gemaskerde rowers het hul gesin in hul huis met pistole aangehou. Een skurk het klein Ciara rondgestamp toe sy nie wou ophou huil nie. Marcello het haar gegryp en vertroosdend vasgehou en sy het toe dadelik stilgebly en bedaar.
• ’n Vrou van Verwoerdburg is moedeloos aan verkeersboetes betaal wat aandui dat sy op plekke te vinnig gery het waar sy nog nooit in haar lewe was nie. Die foto’s van die boetekaartjies toon ’n motor soos haar eie met dieselfde registrasieletters.
• Iemand wat n Lotto-kaartjie in Oos-Transvaal gekoop het, het nog nie die R21 miljoen prysgeld opgeëis nie. Die kaartjie is nog net tot Woensdag 19 Mei geldig.
• Hulle het pas gepraat oor hoe veilig hulle in Bonniemile, naby Stellenbosch voel toe hy hoor dat diewe by sy bekende buurman, sanger Randall Wicomb se huis ingebreek het. Die diewe het weggekom met sy elektroniese toerusting.
• Anschua Botha (31) se een been is korter as die ander en word nou met nuwe tegnologie langer gemaak deur ‘n staalpen in die been te sit waaraan ‘n magneet gekoppel is. ‘n Tweede magneet word daagliks van buite gebruik om die been te rek. Die been rek daagliks een mm.
• Noord-Kaap en Noord-Transvaal het nog talle skole wat nog nie al hulle boeke ontvang het nie vir die 2013 skooljaar wat reeds in sy sesde maand is.
• Adv. Mike Hellens wil die nasionale vervolgingsgesag dagvaar oor bewerings dat hy en adv. Glynnis Breytenbach ‘n verhouding gehad het.