Nuusflitse


• Twee mans het indie Boksburg-streekhof verskyn nadat die Valke op dwelms van sowat R10miljoen beslag gelê het. Volgens ’n polisiewoordvoerder, is daar ook beslag gelê op laboratoriumtoerusting wat gebruik word om dwelms te vervaardig, sowel as sowat 150,000 Mandrax-tablette.
• Die dodetal in die Siriese burgeroorlog is minstens 80,000, ’n toename van ongeveer 20,000 sedert die begin van vanjaar, het Vuk Jeremic, president van die VN se Algemene Vergadering gesê.
• Vanjaar se Suid-Afrikaanse sport toekenningsaand gaan R65 miljoen kos. Die departement van sport sal R21 miljoen betaal en die ander R44 miljoen sal na verwagting deur borgskappe betaal word terwyl duisende sonder kos en behuising moet klaarkom,
• Nelson Mandela was volgens hofstukke woedend oor sy kinders se beweerde gekonkel om nou beheer oor sy geldsake te kry.
• Die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging het met skok kennis geneem van die beweerde wrede wyse waarop ’n wildveearts, dr. Alex Lewis, onlangs ’n aantal renosters in die Vrystaat onthoring het. Daar gaan dissiplinêr opgetree word teen die arts.
• Natalia Volgina, die Rus wat vanjaar die vroue-afdeling in die Twee Oseane-wedloop in die Kaapse Skiereiland gewen het, is positief getoets vir ’n anaboliese steroïed.
• Vlug EK772, het prof. Karabus verlede Vrydagoggend omstreeks veilig by die Kaapstadse Internasionale Lughawe besorg. Die 78-jarige onkoloog was sedert 18 Augustus 2012 in die VAE aangehou.
• ‘n Dosent by ‘n universiteit in Zimbabwe is drie maande tronk toe gestuur omdat hy pres. Robert Mugabe ‘n “verrotte ou donkie” genoem het.
• Die eerste elektriese taxi’s in Hongkong het in dié stad se strate begin rondrits as deel van ‘n inisiatief om besoedeling en geraas te verminder.
• Johannes Neethling wie se oorskulp in ’n ongeluk afgesny is toe hy deur ’n slaggat in ’n pad gery het, eis skadevergoeding van R2,2 miljoen van die Oos-Transvaalse regering.
• ’n Lotery speler van Florida het sowat R5,6 miljard in die Amerikaanse Powerball-spel losgeslaan. Dis die grootste bedrag tot nog toe wat gewen is met dié spel.
• Die Onderwysdepartement van Natal het toegegee dat hy meer as 6,000 ongekwalifiseerde onderwysers het wat vir sowat 200,000 leerlinge skoolhou.
• Die dodetal ná die verwoestende tornado wat Oklahoma-stad in die VSA getref het, sal na verwagting tot minstens 91 styg.
• Die polisie het skenkings van honde nodig omdat sy eie teel sentrum nie genoeg honde vir opleiding kan verskaf nie, sê lt.kol. Piet Rossouw, ’n provinsiale bevelvoerder van die SAPD.
• Eskom sê die windplaas, wat naby Koekenaap geleë sal wees, sal tot 100 MW krag lewer vir die nasionale kragnetwerk en kan oor 20 jaar die vrystelling van sowat 4,7 miljoen ton se koolstofdioksied verhoed.
• Pres. Jacob Zuma sê hy is geskok oor die dood van 27 swart seuns wat inisiasieskole bygewoon het, en het sy medelye aan die families betuig.
• Die Suid-Afrikaanse atleet Oscar Pistorius se broer, Carl, wat tereggestaan het op aanklag van strafbare manslag, is in die Vanderbijlpark-landdroshof vrygespreek.
• Landdroste oor die land heen het een dag weggebly van die werk af om beter salarisse en voordele te eis, het die Vereniging van Regterlike Amptenare (Joasa) gesê.
• Meer as 1,500 skoolmeisies in Oos-Transvaal het reeds in die eerste kwartaal vanjaar swanger geraak. Dié 1,564 is slegs 38 minder as wat in die hele 2012 swanger was. Die vermoede bestaan dat die die meeste swanger raak om die staatspensioen vir kinders te bekom.
• Vlaag aanvalle in Irak dreig om die land in ‘n burgeroorlog te dompel, het Kanada se Minister van Buitelandse Sake gewaarsku.
• ‘n Man in sy sewentigs het voor die altaar van die bekende Notre Dame-katedraal in Parys selfmoord gepleeg.
• Die N1- en N2-Wynland-tolprojek sal R10 miljard kos, terwyl noodsaaklike werk aan die paaie én ’n tweede Hugenote-tonnel nie eens R2 miljard behoort te kos nie. Dié tamaai verskil van R8 miljard wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) uit belastingbetalers se sakke wil hê, is vir eers iets van die verlede nadat die Kaapse stadsraad die tolplanne tydelik kon stuit.