Nuusflitse


• Die voormalige leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, se halfvoltooide huis in Sandown is vir R5,9 miljoen op ‘n veiling verkoop. Nou gaan hulle ook sy plaas opveil.
• ‘n Mediese dokter wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n mediese fonds en die Gesondheidsdepartement se vergoedingsfonds bedrieg het, het in die hof verskyn.
Dr. Ganesh Anil Anirudhra sal teregstaan op 319 aanklagte in die Brits-landdroshof.
• Aartsbiskop Desmond Tutu gaan nie meer vir die ANC stem nie. “Ek hét vir die ANC gestem, maar ongelukkig kan ek nie meer vir hulle stem met hoe dinge gaan nie,” het Tutu geskryf.
• ’n Kuber misdaadsindikaat het meer as R400 miljoen van kitsbanke gesteel in een van die grootste diefstal gevalle van die aard ooit. Sewe mans is uiteindelik gevange geneem weens die reuse diefstal wat in 25 lande binne 8 ure gepleeg is met 36,000 transaksies.
• ‘n Man is in die Wes-Kaap ná ‘n jaagtog met die polisie uiteindelik vasgetrek vir die besit van 100 sakke perlemoen wat ‘n beraamde R1 miljoen werd is.
• Sowat 2,3 miljoen huishoudings in Suid-Afrika het steeds nie spoeltoilette nie, volgens Tokyo Sexwale. Hy het ook erken sy departement gaan nie sy Desember 2014-teikendatum haal om die algehele agterstand met die verskaffing van spoeltoilette uit te wis nie.
• Verskeie ‘Bebiebers’ het hul teleurstelling met die radiostasie Highveld Stereo gedeel omdat hulle na bewering vervalste Justin Bieber-konsertkaartjies gekoop het. ’n Ma van ’n 6-jarige seuntjie het gebel na ‘n radiostasie en vertel sy het twee kaartjies teen R6,000 aangekoop net om te ontdek dat dit nagemaakte kaartjies is.
• Samsung het ‘n blitsige nuwe tegnologie suksesvol getoets wat gebruikers sal toelaat om ‘n hele fliek binne ‘n enkele sekonde af te laai.
• Keegan Daniel, kaptein van die Sharks rugbyspan in Natal is glo ontevrede oor die groot aantal Afrikaanssprekende spelers in sy span. Dit het Afrikaners in die span erg ontstel en groot verdeeldheid veroorsaak, wat ook aanleiding gegee het waarom die Sharks hulle wedstryde verloor. Hy het op die sosiale netwerk die aangeleentheid reggestel deur foto’s te plaas van hoe daar koffie gedrink word saam met Afrikaanssprekende spelers van sy span.
• Die skrywer, draaiboekskrywer en joernalis Gus Silber en sy gesin is die afgelope naweek deur twee gewapende swartes by hul huis in Northcliff, Johannesburg, oorval en beroof van elektroniese ware soos rekenaars, selfone en iPads. Silber is bekend daarvoor dat hy ’n voorstander was vir die skepping van ’n nuwe Suid-Afrika.
• Die Valke gaan verlate myne in Roodepoort aan die Wes-Rand sluit in ‘n poging om onwettige mynbedrywighede te beëindig. Dit is nie bekend hoe die sluiting gedoen sal word wat verseker dat die onwettigheid sal staak nie.
• Die Suid-Afrikaanse Bus-werkgewersvereniging, Sabea, het sy verligting uitgespreek oor die beëindiging van die landwye staking van busbestuurders.
• Zuko Tisana word aangekla vir die moord op die Wellington egpaar Daan Rousseau en sy vrou, Erka. Hulle is verlede week op Wellington in die Kaapse Wynlande vermoor.
• Sewe mans is in hegtenis geneem omdat hulle na bewering twee misdadigers met klippe doodgegooi het, het die polisie in Natal gesê.
• Prof. Cyril Karabus, wat sy paspoort van owerhede in die Verenigde Arabiese Emirate ontvang het, sal dié land waarskynlik binnekort verlaat.
• ’n Johannesburgse rolprentspan het in minder as 11 dae ’n fliek gemaak en só die Guinness-wêreldrekord oortref vir die kortste tyd waarin ’n vollengte-fliek gemaak is.
• Minstens 20 seuns wat inisiasies-kole in Oos-Transvaal bygewoon het, is die afgelope week dood, maar die oorsaak daarvan is nog nie vasgestel nie.
• ’n Straatlig van 14 kg het in Alberton van ’n paal afgeval, die enjinkap van ’n onderwyser se VW Polo getref, gehop en oor die dak gerol. Die voertuig het aansienlike skade opgedoen.