Nuusflitse


• Yahoo! se uitvoerende hoof, Marissa Mayer, het verlede jaar ’n goeie $36 miljoen (sowat R325 miljoen) verdien, en dit ná slegs ses maande in beheer van dié internetgroep.
• ’n Groep Suid-Afrikaners wat in Charleston, Suid-Carolina woon, gaan die Amerikaners leer hoe om ’n potjie boerekos te maak en wil daarmee geld insamel vir die beskerming van renosters.
• Tientalle inwoners in Pretoria moes die afgelope week ure lank sonder elektrisiteit klaarkom omdat werknemers glo weier om oortyd te werk aangesien hulle nie betaal word daarvoor nie. Die onderbrekings het was as gevolg van kabel diefstal.
• Sowat 900 mense is in China in hegtenis geneem ná hulle onder meer rot- en jakkalsvleis as bees- en skaapvleis verkoop het.
• Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) dreig om tugstappe te doen teen die Gupta-vlieënier wat met ‘n Airbus 330 vol buitelandse gaste op die lugmagbasis Waterkloof geland het.
• ‘n Generaal-majoor in die polisie en twee brigadiers-generaal van die lugmag, asook ‘n luitenant-kolonel van die lugmag is onder die jongste slagoffers van die Gupta-skandaal.
• ‘n Amerikaanse diplomaat sê die stryd teen Somali-seerowers was so suksesvol dat daar geen kaping van vaartuie in byna ‘n jaar langs Somalië se kus was nie. Sowat 1,140 Somaliese seerowers sit in 21 lande in die tronk.
• Die polisie het Vrydagaand drie swart rowers vasgetrek en in hegtenis geneem terwyl hulle besig was om ’n huis in Honeystraat in Pretoria-Tuine te plunder. Die rowers het ’n gesin van drie in die huis oorval en die ouers is aangerand, maar blykbaar nie ernstig beseer nie.
• Grootskaalse wanbestuur deur die ANC in Potchefstroom is onthul in ’n forensiese ondersoek waarvoor prof. Annette Combrink opdrag gegee het.
• Die dodetal in Bangladesj se ergste nywerheids ramp tot nog toe het tot meer as 650 gestyg nadat nog lyke in die puin van die ineengestorte klerefabrieke gevind is.
• Orania het sy eerste wedstryd op klubvlak gespeel teen Hopetown. Die telling was Orania 0 en Hopetown 62. Die lynstane en skrums was bietjie moeilik vir Orania se manne.
• Drie Chinese boere is in aanhouding nadat hulle die vleis van varke wat weens siektes gevrek het, aan verbruikers verkoop het.
• Cyril Ramaphosa, die adjunk-president gaan waarskynlik vir Jacob Zuma opponeer na die Gupta-fiasko verdeeldheid in ANC geledere veroorsaak het. Die verdeeldheid is sodanig dat Gwede Mantashe deur die Zoeloes geïgnoreer word.
• Die Suid-Afrikaanse wapenvervaardiger Denel probeer sy bes om belowende studente en gegradueerdes te lok om ‘n loopbaan in die verdediging- of veiligheidsektor te oorweeg, het dié maatskappy se hoof van menslike hulpbronne gesê.
• Ryan McCrae (24), ’n derdejaar student in entomologie, is buite sy ouers se woonkompleks in ’n singel in Pentagonpark in Bloemfontein deur drie swartmans aangeval, met n riempie gewurg en beroof toe hy sy selfoon uit sy motor wou gaan haal. Hy was vir dood agtergelaat.
• Die polisie ondersoek ’n voorval waarin twee van sy vlieëniers, lt. kol. Aaron Dlamini en kapt. Tim Nhlengethwa glo byna ’n diplomatieke insident veroorsaak het toe hulle met die polisie se BBP-straler in Swaziland gaan “kuier” het.
• Afzul Rehman, burgemeester van Newcastle, het ‘n klag teen ‘n verkeersbeampte ingedien nadat hy hom ‘n “Gupta” genoem het.