Nuusflitse


• Die Konstitusionele hof het bevind daar is geen verpligting op verbruikers om vir munisipale dienste te betaal as sulke dienste nie gelewer is nie. Die uitspraak volg op lede van ’n belastingbetalersvereniging se drie jaar lange weerhouding van belasting aan munisipaliteite oor dienste wat nie gelewer word nie.
• Diewe het by Bheki Cele, voormalige polisiekommissaris, se motorhuis ingebreek en van sy duur bottels whisky gesteel.
• ‘n Ooreenkoms is in Italië bereik om ‘n koalisie-regering te vorm ná maande van politieke onsekerheid. Uit Rome word berig dat die nuwe premier, Enrico Letta, ‘n koalisie tussen die middel linkse groepe en die middel regse groepe bewerkstellig het.
• Mamphela Ramphele gaan haar Agang forum omskep in ’n nuwe politieke party wat gestig sal word in die komende weke om deel te neem aan die 2014 verkiesing. n Eerste “saamtrek” is gehou en slegs 85 mense het opgedaag om die verrigtinge mee te maak.
• Daar was Maandag omstreeks 04:30 ‘n gewapende roof by ‘n buite-koshuis van die Monash-universiteit in Roodepoort. Volgens ‘n ouer van een van die studente het sy dogter hom omstreeks 05:00 gebel nadat sy en ander studente hulle in ‘n kamer toegesluit het en om hulp begin skree het.
• Lank leef koning Willem-Alexander en koningin Maxima! Met die krete is die jongste koninklike egpaar in Europa vanoggend begroet toe koningin Beatrix die eed van abdikasie onderteken het. Koningin Beatrix het gesê: ‘n Paar minute gelede het ek geabdikeer. Ek is gelukkig en dankbaar om jul nuwe koning aan julle voor te stel.
• Die meeste mense in die land is vasgevang in armoede en hulle sal klaarblyklik nooit hul eie huisvesting kan bekostig nie. Indien hulle wel ’n huis met staatshulp sou bekom, sal dit moeilik vir hulle wees om maandeliks die water- en elektrisiteit te betaal, is die mening van n kenner op die gebied van ontwikkeling in Afrika.
• Die Olimpiese medaljewenner Daria Pishchalnikova is vir tien jaar geskors nadat sy ‘n tweede keer vir verbode middels positief getoets het.
• Dynamic TV, ‘n nuwe konsortium wat deur MultiChoice ondersteun word, sal probeer om die sukkelende TopTV met, pornografie-kanale en al, te koop.
• Die aantal renosters wat hierdie jaar gestroop is, het gestyg tot 273, het die Departement van Omgewingsake bekend gemaak.
• Prins Charles van Brittanje se opmerking oor die abdikering van die Nederlandse koningin was opvallend toe hy gesê het dat koningin Beatrix ’n mooi daad verrig het omdat sy haar plek afgestaan het aan haar seun wat sy waarskynlik baie lief het – wat vertolk kan word dat dieselfde nie van die Britse koningshuis gesê kan word nie.
• Petrosa het sy hoof uit die pos onthef en waarnemers meen dit het te doen met die ondersoek wat aan die gang is oor moontlike ongerymdhede in die organisasie.