Noord-Transvaal in mynbase se visier


Die landbouers en grondeienaars van die Springbokvlakte in Noord-Transvaal staan saam om maatskappye te keer wat gas deur hidro-breking wil ontgin en ook steenkool wil myn.

Sowat 80% van die Springbokvlakte gebied is in die oog van maatskappye was gas wil ontgin, het prof. Gerrit van Tonder van die Universiteit van die Vrystaat, gesê.

Daar is blykbaar ook groot gebiede wat deur steenkoolmyn maatskappye geteiken is. Na verneem word is sowat 110 plase nou geraak met aansoeke wat oorweeg moet word.

Sommige prospekteerregte is reeds goedgekeur en ander is aanvaar.
(Foto – besoedeling by steenkoolmyn)