Noord-Kaap se wynmakers stap weg met pryse


Oranjerivierwynkelder (OWK) in die verre Noord-Kaap het twee oorkondes op die 11de prysuitdeling van Muskadel SA vir sy muskadelwyn verower.

Muskadel SA, geborg deur Enartis SA, het die gala-aand in die Paarl aangebied.

OWK het die 25 ander se inskrywings ore aangesit en die enigste platinum-eerbewys ontvang vir sy Rooi Musadel 2012. Dit was egter nie die einde van hulle sukses nie. ’n Goue eerbewys vir hul Wit Muskadel van 2012 is ook aan hulle toegeken.

“Muskadel is van die beste wyne wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf jaarliks oplewer. Daarbenewens is Suid-Afrika se Muskadel die beste in die wêreld.

Die stigma dat Muskadel net ’n wyn vir die winter is, is lankal iets van die verlede.

Enartis SA, in samewerking met Muskadel SA, het dié stigma verander omdat Muskadel wêreldwyd gewild is en so sal bly, en daarom sal daar in die toekoms voortbou word om goeie Muskadelwyn te maak,” sê Steven Baard van Enartis SA.