Die Gupta’s is nou in die beskuldigings bank geplaas deur ANC-mense nadat kospakkies by die ANC se Wes-Transvaalse tak uitgedeel is om kiesers te oorreed om pres. Jacob Zuma te steun.
Ses ANC-lede het glo ‘n brief opgestel en aan die ANC se Luthuli-hoofkwartier gestuur en beswaar aangeteken oor die nuwe rol van die Gupta-familie.
Die vergadering het blykbaar op 1 Mei plaasgevind.
Die briefskrywers het gese die kospakkies is gebruik om besluite deur lede van die ANC te beïnvloed.
Pogings om kommentaar by die Gupta familie-woordvoerder, Gary Naidoo, te kry, was onsuksesvol.
Die brief het ook n foto bevat van ‘n konvooi weelderige motors en polisievoertuie wat by die vergadering opgedaag het asook die groot hoop kospakkies op die vloer van ‘n saal.
Die nuwe metode om kiesers se guns te werf is blykbaar suksesvol wanneer die minder bevoorregtes as teiken gebruik word.
Ja, so word ook ons minderbevoorregte wittes na ANC vergaderings aangery, trek ANC T-hemde aan en kry kospakkies. Beeld,14 Mei 2013
Benjamin Franklin het gesê dat demokrasie ‘n lam en twee wolwe is wat stem oor wat om te eet. Kyk nou net hier hoe maak jy nog wolwe.
Goeiedag Boere,
Noudat ons land selfs sy eie Al-Kaida opleidings kampe het, sal die militante Moslems seker ook groter inspraak in die Zuma-politiek kry.
Ons moet nou maar net duim vashou dat die Gupta-Mafia wat reeds vrye toegang tot enige van die land se bates het, nie hiermee gediend sal wees nie. Hopelik sal die Hindu’s en die Al-Kaidas vir mekaar kwaad raak en aanmekaar spring.
Boeregroete,
DuP