Niemand wil Winnie se goed koop nie


Die afslaer het geen taak gehad om Winnie Mandela se goed op te veil nie, want niemand het belang gestel om daar te wees en te bie op haar goed nie.
Winnie was self nie by haar huis nie en die groot aantal verslaggewers moes staan en toekyk hoe die afslaer die perseel onverrigter sake verlaat.

Die silwer teestel en die skilderye kon gekoop word vir R1-00 maar daar was niemand wat kon bie nie.

Stephen Karnavos, ’n prokureur van die firma Alan Levy, sê Winnie Mandela skuld die privaatskool Abbotts College sedert 2008 sowat R47,000, wat regskoste insluit en haar tjek van R16 000 wat die vorige dag deur haar regsverteenwoordiger aangebied is, is van die hand gewys omdat die skool vereis dat sy in harde kontant betaal.

Een verslaggewer het grappenderwys gesê hy sou graag op die goed wou bie.

Waarnemers is egter van mening dat intimidasie moontlik ’n rol kon speel om seker te maak dat niemand daar opdaag vir die veiling nie.