Nico van Rensburg, die bekroonde konsertinaspeler wat die woord “tradisioneel” in boeremusiek behou het, is oorlede.
Nico (76) is Sondagoggend oorlede na ‘n hartaanval Saterdag. In die tradisionele boeremusiekkringe was daar die afgelope paar jaar kommer oor sy slegte gesondheid.
As beskermheer van die Boeremusiekgilde het hy o.a. gepoog om die boeremusiektradisie van wyle Hendrik Susan te behou en nie te betrek in die moderne en ver-Afrikanisering van die kultuurvorm nie.
In 1984 en 1990 het hy die SAUK se TV-boeremusiekorkes-kompetisie gewen. Hy het ook baie musiek gekomponeer.
Hy word oorleef deur sy vrou Lydia, twee kinders, vier kleinkinders en een agterkleinkind.
Jammer hy is weg. Meegevoel met sy familie.
So lekker geluister na sy musiek gisteraand. Dit maak ‘n ou trots om ‘n boer te wees. Hy het ‘n ryk nalatenskap vir ons volk nagelaat. Dankie, Nico van Rensburg en familie.