Nelson Mandela word gedagvaar


Nelson Mandela se dogters dagvaar die bejaarde oud-president vir die regte tot sy kunswerke en om sy geld te beheer.

Zenani en Makaziwe Mandela beoog om ‘n hofbevel wat gedurende April 2004 uitgereik is, teen te staan.
Ingevolge dié hofbevel het Mandela die reg om Ismail Ayob, sy destydse prokureur, te beveel om nie verder sy geld-, persoonlike en regskwessies te hanteer nie.

Die hof het Ayob ook verbied om enige van Mandela se kunswerke te verkoop.

The Star berig egter dat Mandela se huidige prokureur, Bally Chuene, verlede week ‘n beëdigde verklaring ingedien het in reaksie op ‘n eis van die twee Mandela susters, wat deur Ayob verteenwoordig word.

Mandela se dogters het die hof gevra om ‘n bevel uit te reik om Bizos, Chuene en Sexwale te beveel om hul direkteurskappe in Harmonieux Investment Holding en Magnifique Investment Holding te beëindig.