Nasionale Vervolgingsgesag is ’n klug


Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het met die ongegronde vervolging van adv. Glynnis Breytenbach ’n indruk gelaat dat die struktuur eintlik ’n klug is.

Dit is die mening van ’n senior advokaat in Suid-Afrika.

’n Ander senior advokaat, Jan henning SC, het gesê dat die NVG nou sy laagste laagtepunt bereik en daardeur sy eie waardestelsel verkrag het. Adv. Jan Henning SC, is ’n gewese adjunkhoof van die NVG.

Hy het dit gesê nadat adv. Selby Mbenenge, tugverhoor-voorsitter, adv. Breytenbach op al 15 klagtes teen haar vir wangedrag vrygespreek het. Die NVG het nou reeds talle kere ’n verpletterende neerlaag gehad waarvan hierdie een waarskynlik die beste voorbeeld is van oneffektiewe optrede.

Die NVG het gedurende die afgelope twee tot drie maande erg onder kritiek deurgeloop weens die swak hantering van sake.

Breytenbach het haar hele lewe aan die NVG gewy. Net omdat sy integriteit aan die dag gelê het, het haar werkgewer haar probeer verguis. Ek en baie ander oud- senior bestuurslede van die NVG skaam ons vir dit wat van die eens trotse instelling geword het,” het Henning gesê.

Foto- adv. Glynnis Breytenbach