’n Seldsame verskynsel


Navorsers het ’n Oos-Afrikaanse modder-padda in een van die groter panne in die Krugerwildtuin gevind.
Dit is glo die eerste keer in die geskiedenis dat navorsers die modder-padda in die wildtuin aantref.

Die navorsing word namens die Waternavorsingskommissie in die Krugerwildtuin gedoen en die verslag is bekend gestel op die vooraand van ’n Internasionale Biodiversiteitsdag wat gevier is.

Die navorsers het nie minder nie as 30 paddaspesies in vleie van die reservaat opgespoor.
Die opvangsgebiede van die Luvuvhu-, Letaba-, Olifants-, Shingwedzi- Sabie- en Krokodilrivier se vlei gebiede was ondersoek.
.
Suid-Afrika het 117 paddaspesies, waarvan 20% bedreig is rn besoedeling is die grootste rede waarom sommige padda spesies bedreig word. Die geweldige oorstromings wat voorheen in die gebiede ervaar is, het daartoe bygedra dat die besoedeling tydelik afgeplat het.
.
Tydens die ondersoek het navorsers ook die Suidelike sier-paddas en gevlekte graspaddas in die wildtuin waargeneem.

(Foto- graspadda)