Mugabe klap Mandela


Robert Mugabe, president van Zimbabwe het tydens ‘n onderhoud gal gebraak teen Nelson Mandela se versoeningsbeleid, en het hom beskuldig dat hy te veel van ‘n heilige probeer wees.

Die Sunday Independent berig dat die omstrede president dié uitlatings in ’n onderhoud met die televisie-aanbieder Dali Tambo gemaak het.

“Mandela het ‘n bietjie te vêr gegaan om goed te wees vir diegene wat nie swart is en in sekere gevalle ten koste van swartmense…”

Mugabe meen Madiba was besig om te goed en te veel van ‘n heilige te wou wees.