Motorbestuur voortaan alkoholvry


Die regering beplan ‘n algehele verbod op motoriste se gebruik van alkohol, soos dit ook van toepassing is in die die meeste Arabiese lande.

Blykbaar is die gedagte gegrond op ‘n Inter-ministeriële komitee oor alkohol- en dwelmmisbruik wat die kabinet nader om geen verdraagsaamheid te toon teenoor die gebruik van alkohol wanneer bestuur word nie.
Die toegelate alkoholgrens is tans 0,05 mg per 100 ml bloed.

Tiyani Rikhotso, die woordvoerder van die Departement van Vervoer, het gesê motoriste verontagsaam steeds die alkohol-perk.

Kenners oor padveiligheid meen dat so ’n maatreël slegs positiewe resultate sal lewer indien dit behoorlik beheer gaan word deur die verkeers departemente.