Moedersdag eindig treurig


Ian Oberholzer en sy vrou Tersia was vanaf Bethlehem in die Vrystaat vir die naweek na Clocolan vir viering van Moedersdag by haar ouers.

Die apteker-egpaar was uiters geskok toe hulle geskakel is om te hoor hulle woonhuis brand af en die brandweer personeel doen hul bes om die vuur te blus.

Die huis van die Oberholzer-egpaar in Gemsbokstraat, La Provence, het gelukkig net gedeeltelik afgebrand. Daar kon nog nie vasgestel word wat die brand veroorsaak het nie.