Model ossewa te koop


Die Pretoria Verkennerspos het ‘n projek geloods in samewerking met die AKB en die Groot Trek 175 feesvieringe.

Dit is ‘n heerlike selfbou projek vir die hele gesin.

Bou jou eie Ossewa en leer terselfde tyd meer van die ossewa.

Die Prys is slegs R170 en al wat jy moet byvoeg is jou tyd en gom, die res is ingesluit.

Sien die aangehegde advertensie of besoek www.ossewa.co.za om bestellings te plaas!

Volksorganisasies/genote kan massabestellings plaas om die waens teen R140 stuk aan te koop en dan self verkoop om so ‘n geldjie te maak in die proses.

Laat ons ook weet indien u enige volksbyeenkomste organiseer dan kan ons reel dat u ‘n voorraad van die waens vroegtydig kry om te verkoop.

U kan die model bestel by :
Hendrik Eksteen: 082 786 7310 of Johannes van Dyk: 083 453 0969
[email protected]