MIV Vigs neem toe in RSA


MIV/vigs neem daagliks toe en het op 10% van die bevolking te staan gekom, wat beteken dat sowat 5,26 miljoen vigslyers in die land woon.

Tydens die afgelope dekade het die syfer onder volwassenes bly styg. Vigs onder kinders het van 13,6% tot 8,5% gedaal, maar onder vroulike kinders is dit nou al op 17,4%.

Dit word beraam dat sowat 200,000 mense vanjaar aan die siekte sal sterf.

Kenners meen egter dat Statistiek SA se syfers nie noodwendig korrek is nie aangesien menige sterftes van Vigslyers aangedui word as sterfgevalle met tuberkulose of selfs longkwale.

Volgens prof. Debbie Bradshaw van die Mediese Navorsingsraad word data hersien, want net “18,000 sterftes aan MIV/vigs dui op heeltemal verkeerde klassifikasie”.
Derduisende doodsertifikate dui ook nie die oorsaak van dood aan nie.

Dit is bekend dat indien ’n dokter sou skryf iemand is dood aan ’n retrovirale siekte, bedoel hy MIV/vigs. Statistieke Suid-Afrika interpreteer geen data nie en hulle sal dié sterfte onder virusse aanteken.

“Dus kry ons nie ’n ware prentjie van waaraan mense sterf nie. Maar die navorsing wat ons nou doen, behoort dit te gee.”

Statistieke Suid-Afrika het op ’n nuuskonferensie erken hy interpreteer geen data oor sterfgevalle nie en “skryf net neer wat op die doodsertifikaat staan”.

Foto – Prof. Bradshaw