Met blydskap weer bymekaar


Trane van blydskap en n ponie wat verspot rondhardloop was die toneel toe Whiskey, die miniatuur-ponie uiteindelik na vyf dae weer by sy baas kon bly.

Nicole Joubert van Bainsvlei in Bloemfontein het haar ponie met troetelnaampies, drukkies en geelwortels terug verwelkom nadat die perdjie spoorloos weg was.

Whiskey was by n vriendin wat ponie n paar toertjies sou leer, maar toe skoonveld weggeraak het. Pamflette, die internet, met n foto en sommer navrae het uiteindelik gelei tot sy opsporing nadat almal op fietse was om te soek na Whiskey.

Uiteindelik is hy op ‘n ander plaas, etlike kilometers verder gevind.

Nicole sê sy sal Whiskey voortaan nie onder haar oë laat uitgaan nie.