MEDIAVERKLARING-DA AFRIKANERS EN BOERE-AFRIKANERS


Geagte regdenkende, sowel as verkeerddenkende volksgenoot,

Ek het die volgende op Facebook oftewel en verkieslik Bakkiesblad, geplaas na aanleiding van die DA se patetiese poging gister om met ‘n politieke dobbelspel weereens die Afrikaner te teiken om die guns te wen van swart stemmers. Ongelukkig vir die DA, het hulle self veroorsaak dat ‘n hele klomp Afrikaners wat hulle voorheen gesteun het, hul steun in woede onttrek het van hierdie skootbrakkie van die ANC. Dit was inderdaad ‘n stukkie politieke selfmoord, eintlik briljant, want niemand sou hul beeld soveel skade kon berokken soos hulle nou self gedoen het nie. Ek doen hiermee ‘n beroep op elkeen wat deur die DA sien, om my voorbeeld te volg en die DA-Afrikaners of reg te help, of eenkant toe te skuif. Geen mens kan ‘n vryheidsvegter wees met ‘n DA-klippie in sy skoen nie.

Welgedaan aan die Kleinfonteiners wat ‘n indrukwekkende stukkie diplomatieke briljantheid aan die dag gelê het wat die DA eindelik met eier op sy gesig gelos het. Die DA het het nogal vooraf gesê Kleinfontein gaan Donderdag sien hoe lyk ‘n ware eenheidstaat se mense wat ontevrede is met afsonderlike ontwikkeling. Toe daag daar skaars 60 betogers op! Sjoe, ons moet seker nou bewe en kennis neem van hierdie grootse aksie en ongelukkigheid met ‘n leefwyse wat deur hul base, die ANC, in hul eie grondwet onder Artikel 235 erken word. Ek moet darem die DA bedank vir hul hulpeloosheid, met internasionale media teenwoordig het hulle nou sommer aan die res van die wêreld ook gewys hoe pateties hulle is. Spesiale dank ook aan Volksraadslid Ben Geldenhuys wat flink gedink het en ons volk se vryheidseis aan die internasionale mediamense oorhandig het. Hierdie soort van publisiteit is goud werd, en tog het dit ons volk nie ‘n sent gekos nie.

Nou is die tyd om betrokke te raak by die vryheidstryd. Ons mense word gemartel, vermoor, verkrag, en verrinneweer. Vir hoe lank nog wil hierdie volk swyg? Miskien tot daar nie meer ‘n volk oor is om ‘n toekoms vir hul nageslagte te verseker nie? Tree in verbinding met ‘n ware volksgedrewe organisasie en raak betrokke. Word ‘n registrasiebeampte vir die VVK. Staan nou op en doen iets, hierdie mag die laaste geslag wees wat sake nog kan beredder. Moenie vrees nie, God slaap nie, Hy het hierdie volk oor eeue heen gedra deur donker en skynbaar onoorkombare krisisse. Ons mag nie slegs bid en hoop als werk uit vir die beste nie. Elkeen wat life is vir sy/haar kinders, vir vriende of ander familie, het ‘n plig teenoor daardie geliefdes. Probeer om jouself daaruit te verduidelik soos jy wil, die plig bly op jou skouers.

Ons sal nooit opgee nie, ons sal nooit gaan lê nie, ons sal nooit so verkramp, rassisties of haatdraend wees soos die DA aan die wêreld gewys het hulle is nie.

Met ‘n trotse Boerehart,

Leon Cornelius
Voorsitter: Verwoerdburg Verkenners