Media-druk laat ANC spring


Mediaberigte regoor Suid-Afrika, waarvan Die Vryburger op die voorpunt was, het blykbaar daartoe aanleiding gegee dat die ANC verplig geword het om die beloofde pakkies vir verarmde blankes te gee.

Die aantal Behoeftige wittes wat twee weke gelede omgekoop is om die ANC konferensie by te woon het nou pakkies ontvang wat selfs komberse insluit.

Die ANC hou vol dat die pakkies nie omkoop geskenke is nie, maar die hele aksie is glo om almal wat arm is in die land, te help.

Die pakkies is glo deur Mathabo Leeto, die uitvoerende burgemeester, van die gebied uitgedeel.
Die mense is egter vertel dit is ’n projek vir armoedeverligting “omdat almal inwoners van Suid-Afrika is”.

Meer as 50 verarmde inwoners van die “Sewende Laan-woonbuurt” naby Odendaalsrus, en ook van ander dorpe, is belowe dat hulle nog voor die einde van die jaar hul eie huise gaan ontvang.

Van dié blankes vertel nou dat hulle aangesê is deur amptenare om te verkondig dat hulle nou ANC stemmers is want die ANC gaan vir hulle huise gee.

Die ANC ontken steeds dat die mense omgekoop is.