Mbeki deel slae uit


Die jonger broer van Thabo Mbeki, Moeletsi het die afgelope naweek hewige kritiek gelewer in Franschhoek oor hoe die ANC die land regeer.

Hy het gesê dit is opvallend dat die land goeie ingenieurs en goeie winkels het, en verwysende na blanke beheer genoem van die groepering se eie beveiligingsnetwerk genaamd die ADT.

Maar dit wat deur die ANC beheer word, is minder goed, soos byvoorbeeld die polisie, het hy gesê.

“Die ANC verloor nie stemme deur swak opvoeding wat gebied word nie, maar gaan kyk wie stem vir die ANC! Sowat 70% van die mense wat vir die ANC stem het nie enige skoolopleiding nie of het ten minste nie hul skoolloopbaan voltooi nie. Dit is hulle wat die ruggraat van die ANC vorm,” het hy gesê.

Dit is bekend dat Moeletsi Mbeki nie eers sy eie broer gespaar het toe dié president was nie.