Man in sy huis geskiet


Mnr. Christo Viljoen (47) van Bothaville lê met ’n koeël in sy nek in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein.
Hy is deur terroriste deur sy huis se sitkamervenster geskiet, met die bedoeling om hom dood te skiet.

Viljoen se wond is so ernstig dat hy sy stem permanent kan verloor weens die skade aan st stembande en sy een middelvinger kan dalk geamputeer word.
.
“Wanneer gaan die teistering en geweld ophou,” het sy vrou Claudia, gevra.