Man in sy huis doodgeskiet


Terroriste het ’n bejaarde man (85) in sy huis in Faerie Glen, Pretoria doodgeskiet, maar niks is uit die huis gesteel nie.

Sy vrou is erg aangerand en dit wil voorkom asof sy met ’n stomp voorwerp teen die kop geslaan is.

Die egpaar se name kan nog nie bekend gemaak word nie.

Sy was so erg getraumatiseer dat die polisiebeamptes nie verklarings kon afneem nie.

’n Polisiewoordvoerder sê dat drie swartes Dinsdagaand in die omgewing van 23:00 by die egpaar se huis in Skukuzaweg ingebreek het. Hulle het die agterdeur oop gebreek.

Die bejaarde man is in sy slaapkamer in die kop geskiet. Die terroriste het eers geld en wapens geëis. Daarna is sy vrou met ’n voorwerp oor die kop geslaan.